Bystand in Jagersfontein word verwelkom

Die Vrystaatse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Motlagomang Qabathe, is dankbaar vir die skoonmaakveldtog wat 60 studente van die Universiteit van die Vrystaat, die Rooikruis en lede van sy departement in Jagersfontein onderneem het. Inwoners is geraak deur myn-slik wat hulle huise verlede maand vernietig het toe ‘n myn se damwal gebreek het. Die departementele woordvoerder, Lindiwe Mnguni, doen ‘n beroep op vrywillige skenkings van klere vir jongmense wat geraak is, want daar is steeds ‘n tekort: