Ramptoestand kan weer in SA ingestel word as Covid-situasie drasties verander

Die Suid-Afrikaanse minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê die ramptoestand kan weer ingestel word sou die Covid-situasie in die land drasties verander. Tydens ‘n inligtingssessie vroeër vandag het Dlamini-Zuma gesê as die Covid-pandemie weer ’n ramp word sal die Wet op Rampbestuur weer ingestel moet word. Sy sê die einde van die ramptoestand, soos deur President Cyril Ramaphosa aangekondig is beteken nie dis die einde van die pandemie nie. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad …