Byna 1 900 sterftes in Gautengse hospitale weens nalatigheid

Die DA in Gauteng sê die provinsie se openbare hospitale het verlede jaar 1 954 sterftes aangeteken weens ernstige nadelige gebeure in hospitale. Dit word gedefinieer as onbedoelde skade aan die pasiënt deur die optrede of die versuim om op te tree ten opsigte van pasiëntsorg, eerder as die pasiënt se onderliggende siekte of toestand. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het die sterftes slegs 28 dissiplinêre verhore tot gevolg gehad