Olifant trap man in Zambezi-streek dood

‘n Olifant is deur die Namibiese polisie en beamptes van die omgewingsministerie van kant gemaak na ‘n noodlottige aanval op ‘n 57-jarige man in die Muchemukule-nedersetting in die Zambezi-streek. Die man en ‘n vriend is na bewering aangeval terwyl hulle op pad huis toe was. Die vriend het daarin geslaag om te ontsnap, maar het die voorval eers later by die polisie aangemeld. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die ministerie sal die famlie bystaan met die begrafnis.