Drie kry drie jaar tronkstraf vir diefstal van renosterhorings

Drie beskuldigdes tussen die ouderdom van 28 en 30 is skuldig bevind op aanklagte van renosterhoringdiefstal en tot drie jaar tronkstraf gevonnis in die Gqeberha New Law-streekshof in die Oos-Kaap. Die Valke in die stad het in Februarie vanjaar ‘n operasie uitgevoer nadat inligting ontvang is dat Jonathan Perring, Keanon Terblanche en Christo Swartz kopers vir ‘n renosterhoring soek. Die horing se straatwaarde was 500-duisend-rand. Die Valke se woordvoerder, Yolisa Mgolodela, sê die beskuldigdes van Gelvandale in Gqeberha is dieselfde dag in hegtenis geneem.