Byeenkoms teen gay huwelike misluk klaaglik

Die heel eerste byeenkoms van die Anti-Gay Huwelike-beweging wat by Ondangwa gehou is, was ‘n volslae mislukking. Die vergadering is wyd geadverteer en daar is van die deelnemers verwag om onder meer tradisionele en kerkleiers, verteenwoordigers van burgerlike organisasies, vakbonde, sakelui, en besorgde lede van die gemeenskap in te sluit. Minder as 100 mense het egter opgedaag, en daar was geen politieke, tradisionele of godsdienstige swaargewigte teenwoordig nie. Die organiseerders het die klaaglike mislukking erken en die byeenkoms herskeduleer vir ‘n toekomstige datum.