Rugby: Kavaliers klop Welwitschias met 38-17

Rugby: Die Boland Kavaliers het die Windhoek Draught Welwitschias met 38-17 in die Mzanzi Challenge op die Hage Geingob-stadion in Windhoek geklop. Die halftydtelling was 24-10 in die guns van die Kavaliers. In die buurland in Kaapstad het die Ierse span, Munster die Stormers in die Verenigde Rugbykampioenskap met 19-14 getroef. Munster het teen halftyd met 12-7 voorgeloop.