Afrika steier onder impak van Russies-Oekraïnse oorlog

Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbodzo Ntshavheni, sê dit is in Afrika se belang dat die voortslepende oorlog in Oekraïne beëindig moet word. Ntshavgeni het die elfde internasionale hoëvlak-vergadering in Rusland oor die voorgestelde ingrypings toegespreek. Sedert die inval van Rusland in Oekraïne, is Afrika-lande getref deur stygings in die prys van energie, voedsel en inflasie, terwyl die konflik ook die lewenskoste in die die SAOG-streek en die vasteland negatief geraak het. Die minister sê Suid-Afrika sal voortgaan om pogings te steun om die konflik tussen Rusland en Oekraïne te beëindig.