Basiese inkomstetoelaag: Nog nooit ‘n beter tyd nie

Die basiese inkomstetoelaag sal Suid-Afrika na raming binne drie jaar meer as 374 miljard Suid-Afrikaanse rand kos. Die Instituut vir Studies oor Armoede en Ongelykheid het ‘n webinaar aangebied waartydens die ekonomiese ontleder en navorser, Duma Gqubule, die algemene basiese inkomstetoelaag ondersteun het. Hy sê dit sal nie die ekonomie benadeel nie, maar ‘n positiewe bydrae lewer. Organisasies en navorsers het saamgestem daar was nog nooit ‘n beter tyd om die toelaag in te stel nie, om aandag te gee aan die land se huidige werkloosheid en armoede. In Namibië is daar ook talle beroepe vir ‘n inkomstetoelaag en volgens die sogenaamde BIG-koalisie sal die koste tussen 1,2 en 1,6 miljard Namibiese dollar ‘n jaar beloop, net minder as 3 persent van die land se BBP.