Buurland se staatsamptenare staak, word nie betaal nie

Die Suid-Afrikaanse Departement van Staatsdiens en Administrasie waarsku staatsamptenare wat vandag aan die beplande nasionale staking deelneem, dat hulle nie vir die dag betaal sal word nie. Die vakverbonde Cosatu en Saftu het ‘n beroep op werkers gedoen om vandag te staak om die regering te dwing om onder andere aandag te gee aan die stygende lewenskoste en werkloosheid. Die twee grootste betogings sal waarskynlik in Pretoria en Kaapstad plaasvind. Die departement sê werkers wat noodsaaklike dienste lewer mag nie in werksure aan die staking deelneem nie.