Springbok Sewes is in LA, boaan die punteleer

Die Springbok Sewes is in Los Angeles vir die naweek se laaste wêreldreeks-toernooi van die seisoen. Suid-Afrika is boaan die puntelys, twee punte voor Australië. Hulle behoort genoeg selfvertroue te hê nadat hulle verlede maand vir Fidji in die eindstryd verslaan het om goud te verower by die Statebondspele. Suid-Afrika meet in Groep B kragte met die gasheer, Amerika, Kanada en die All Blacks. Die Blitsbok-losskakel Dewald Human sê die span het ‘n nuwe doelwit om op te fokus: