Buurland se regstelsel fokus nie op slagoffers nie

Die Suid-Afrikaanse regstelsel moet meer slagoffer-gesentreerd word. Dit is volgens die buurland se polisieminister, Bheki Cele. Hy het tydens die gedenkdiens van twee vermoorde beamptes in Boksburg gepraat. Vusimuzi Batsha en Khotso Malahlela is verlede Donderdag in ‘n lokval gelei toe hulle op ‘n misdaadtoneel in die gebied gereageer het. Cele sê die situasie moet verander. Die minister sê misdadigers het meer regte en geniet meer beskerming as die slagoffers van misdaad.