Britse regering: Besluit teen volgende Vrydag

Die leier van die Britse opposisie Arbeiders Party Sir Keir Starmer sê daar moet ‘n algemene verkiesing plaasvind sodat die Britse regering kan stabiliseer na die bedanking van die huidige Tory-premier Liz Truss na ses weke in die amp. Daar is sommige wat meen Boris Johnson moet terugkeer en ander meen weer Rishi Sunak of Penny Mordaunt moet aangestel word. Die voorsitter van die 1922-komitee, Sir Graham Brady, wat toesig hou oor die Tories, het kort na Truss se bedanking met die media gepraat. 

https://iframe.iono.fm/e/1241677