Buttler gesels oor nederlaag teen Afghanistan

Engeland se kaptein, Jos Buttler, sê die nederlaag teen Afghanistan is ʼn groot terugslag, maar hy glo hulle kan steeds die Wêreldbeker-halfeindronde haal. Afghanistan wat eerste gekolf het, was op 284 almal uit terwyl die verdedigende kampioene op 215 uitgeboul is. Dit het Afghanistan ʼn oorwinning van 69 lopies en hulle tweede oorwinning in ʼn 50-boulbeurt-wêreldbekerwedstryd besorg. Engeland het nou twee van hulle eerste drie kragmetings in Indië verloor en is vyfde op die ranglys. Buttler sê hulle moet nou veerkragtig wees en in hulleself glo: