Bush het kommer oor onttrekking van troepe

Die voormalige Amerikaanse president George W. Bush het eksklusief met Deutsche Welle gesels en sê hy is hartseer oor die onttrekking van Amerikaanse en NAVO troepe uit Afghanistan. Bush het in 2003 die troepe ingestuur na die 11 September aanvalle in die VSA.

Intussen berig internasionale media die Taliban, wat toenemend beheer in Afghanistan oorneem, beheer gevat oor ‘n baie belangrike grenspos tussen Pakistan en Afghanistan by die dorp van Wesh in Afghanistan. President Joe Biden het vroeër gesê alle troepe sal teen 31 Augustus onttrek word en dat die oplossings vir Afghanistan van ‘n politieke aard is. Biden het bygevoeg dat die mense van Afghanistan hulle toekoms self moet bepaal.