Busa tevrede met Eskom se nuwe raad

Business Unity South Africa sê Eskom se nuwe direksie is ‘n mengsel van vaardighede en kundigheid. Die raad van 13 lede bestaan uit ingenieurs, geoktrooieerde rekenmeesters, vakbondverteenwoordigers en kundiges oor energie-beleid en elektrisiteits-lewering. Volgens die uitvoerende hoof van Busa, Cas Coovadia, is die aanstelling van die nuwe direksie ‘n belangrike stap in die regte rigting om die beurtkrag-krisis uit te wis.