Burgerlike paradeer in SAPD-pet

Die Suid-Afrikaanse polisie waarsku lede van die publiek teen die ongemagtigde en onwettige gebruik van eiendom van die SAPD soos uniforms, toerusting en kentekens. Wetstoepassers het in ʼn videogreep wat op sosiale media in omloop is ʼn burgerlike gesien in ʼn gemerkte polisievoertuig met ʼn polisiepet op sy kop. Die woordvoerder, Athlenda Mathe, sê die ongemagtigde gebruik van polisie-eiendom is lynreg in stryd met die wet.