Rugby: Bulle is gerat vir Dragons in Wallis

Rugby: Al vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugby-kampioenskap speel die naweek oorsee. Die Bulle kom net ná halftien môreaand in Wallis teen die Dragons te staan, terwyl die Leeus en Munster mekaar terselfdertyd in Ierland pak. Nog ‘n Ierse span, Connacht, verwelkom Saterdag die Haaie, terwyl die Stormers Sondag in Skotland teen Glasgow Warriors sal uitdraf. Die Stormers is tans tweede op die punteleer ná Leinster, met die Bulle vierde, die Haaie vyfde en die Leeus 11de. Die president van die Blou Bulle, Willem Strauss…