Leë Karibadam raak nog nie kragtoevoer na Namibië

Die watervlak van die Kariba-dam het geval tot 0,97 persent bruikbare water, wat die kragtoevoer na Zambië en Zimbabwe raak. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap is die meeste van Namibië se krag, 47,8 persent, teen Oktober 2022 van Zesco in Zambië verkry. Tans is kragvoorsiening beperk tot 300 megawatt elk vir Zambië en Zimbabwe. Zimbabwiërs ly nou onder kragonderbrekings van tot 19 uur per dag weens onvoldoende water om die land se hoof-hidro-elektriese aanleg aan te dryf. Charlie Matengu, Cenored se skakelbeampte, sê aan Kosmos 94.1 Nuus op die oomblik het die situasie nog nie ‘n impak op Namibië nie.