Burgemeester van Stad Windhoek stel huweliksregte in tronke voor
Die burgemeester van Stad Windhoek, Sade Gawanas, het op sosiale media voorgestel dat huweliksregte in Namibiese tronke gewettig moet word. Die burgemeester het gesê as daar so ‘n wet is, moet dit geïmplementeer word. Sy het verder gesê mans word seksueel misbruik en gefrustreerd in ons tronke. Kosmos 94.1 Nuus het aan Sam Shaalulange, hoof van die Namibiese Korrektiewe Dienste se sentrale personeeldirektoraat, gevra as die kabinet met die wet vorendag kom, sal hulle dit implementeer? Hy het so geantwoord: