Namibiese inligtingsminister woon Afrika Digitale Finansieringsberaad by

Die Namibiese inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga, het vandag in Nairobi in Kenia die tweede Afrika Digitale Finansieringsberaad bygewoon. Hy het gesê doelbewuste finansiële strategieë moet in samewerking met die private sektor aanvaar word om die jeug in gedigitaliseerde finansiële dienste en ekonomie in ontwikkelende lande in te sluit. Hy sê die beleide moet voorsiening maak vir geteikende insluiting van besighede van die jeug, met inagneming van die feit dat gedigitaliseerde finansiële dienste voorsiening maak vir persone van alle vlakke van inkomste en besighede van alle groottes.