VSA skenk half miljard Pfizer-entstowwe

Amerikaanse President Joe Biden het aangekondig dat die VSA ‘n half miljard bykomende Pfizer-entstowwe sal skenk om lande in ernstige nood tydens die Covid-pandemie te help. Hy het gesê waardes noop op hierdie oomblik dat alles in almal se vermoë gedoen moet word om die wêreld teen Covid-19 in te ent.