Bulls is gereed vir eindstryd

Rugby: Die Bulls se plaasvervanger-kaptein, Marcell Coetzee, sê hy besef hoe belangrik ‘n Suid-Afrikaanse oorwinning in die Pro14 Reënboogbeker-eindstryd gaan wees. Die Pretoria-span kom Saterdag in Treviso, in Italië teen die Italiaanse span Benetton te staan. Coetzee sê om die trofee te verower sal bewys dat die Bulls steeds die talent, ervaring en die bereidwilligheid het om voluit te speel, al het hulle lanklaas oorsee deelgeneem. Hy sê dit is noodsaaklik dat die span nou sy ingesteldheid vir die eindstryd regkry: