Los die tienling, kyk na die tokkelossies

Die Suid-Afrikaanse tienling is steeds in die nuus. Die onderwys-aktivis Hendrick Makaneta het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum gekritiseer oor sy berig oor ‘n vrou wat na bewering aan tien babas geboorte geskenk het, en die redakteur van die Pretoria News, Piet Rampedi wat die artikel geskryf het. Sanef het die berig beskryf as roekelose en onverantwoordelike joernalistiek van die hoogste graad. Die forum sê dit is duidelik dat alle joernalistieke standaarde met dié berig oorboord gegooi is. Makaneta sê Sanef het nog nooit ingegryp in die Daily Sun se eindelose berigte oor sogenaamde tokkelossies nie: