Koeberg het meer probleme as net Eskom

Die Omgewingsinstituut van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe sê ‘n kombinasie van faktore wat die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad op die oomblik beïnvloed, tesame met die probleme by Eskom, kan tot grootskaalse probleme vir die land lei. Die Instituut se uitvoerende direkteur, Francesca de Gasparis, vra hoekom die verteenwoordiger van die burgerlike samelewing wat op die raad van die Nasionale Kernreguleerder aangestel is, Peter Becker, nie toegelaat word om vergaderings by te woon nie. Sy sê hulle is bekommerd oor die besluite wat namens Suid-Afrikaners geneem word sonder behoorlike verteenwoordiging: