Ramaphosa keelvol vir Zuma se minagting van resgsprosesse

President Cyril Ramaphosa het met die grootste minagting oudpresident Jacob Zuma se sogenaamde misbruik van regsprosesse en die verdraaiing van die privaatvervolgings-bepaling, verwerp. Dit volg op Zuma se verklaring dat hy nog regstappe teen die president ingestel het. Ramaphosa sê die behoorlike stappe is nie in dié regsgeding gedoen nie. Hy het ook die minister van justisie en korrektiewe dienste, Roland Lamola, versoek om Zuma se klagtes van wangedrag teen twee advokate na die regspraktyk-raad te verwys.