Greenpeace probeer besending Russiese gas by Finland blokkeer

Aktiviste van die omgewingsgroep Greenpeace het gister verhinder dat ‘n besending Russiese gas by ‘n vloeibare aardgas-eindpunt in die noorde van Finland afgelaai word. Die aktiviste eis dat Finland die invoer van Russiese gas staak nadat die Russiese president, Vladimir Putin, Oekraïne meer as ses maande gelede binnegeval het. Greenpeace-aktiviste het verlede week ook verhinder dat ʼn besending Russiese gas in Swede afgelaai word.