Bulle hoop op derde tuis-oorwinning in ‘n ry

Rugby: Die Bulle hoop op ‘n derde tuis-oorwinning in ‘n ry en die vierde agtereenvolgens nadat hulle Zebre verlede maand in Italië 45-7 verslaan het. Die span kom môreaand op Loftus Versfeld in Pretoria teen die Dragons te staan in ‘n Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting. Die span van Tshwane kom te staan teen ‘n besoekende span wat versterk is met die insluiting van sommige van sy toetsspelers wat tot onlangs vir Wallis in die Sesnasiesreeks gespeel het.