Behandeling van bednette met insekdoder laat malaria onder Tanzaniese kinders daal

In ‘n groot proefneming in Tanzanië is bevind die behandeling van bednette met ‘n klein hoeveelheid van ‘n nuwe insekdoder, het die aantal malaria-gevalle in kinders merkbaar laat afneem. Die nuwe bednette veroorsaak vlerkspierkrampe en muskiete kan dan nie beweeg, vlieg of mense byt nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het reeds vooraf-goedkeuring vir die gebruik van die nette gegee. Lancet hoop die nuwe insekweerder-toestel wat behandel is met twee insekdoders sal baie jong lewens red.