Agt Covid-19-sterfgevalle

Die Namibiese Gesondheidsministerie het 105 nuwe Covid-19-gevalle uit 845 toetsuitslae uit 12 streke aangemeld. In die groep is 14 leerders, 6 onderwysers en 4 gesondheidswerkers. Daar is tans 2 242 aktiewe gevalle met 215 wat gehospitaliseer is, waarvan 66 in ICU. Agt sterfgevalle is aangemeld.