Buitelandse toeriste kuier langer in Namibië

Die Namibiese toerisme-ministerie het die toerisme-verslag vir 2021 vandag bekend gestel 270 644 buitelandse toeriste wat Namibië besoek het . Volgens die minister, Pohamba Shifeta, kuier toeriste nou langer in die land en het gemiddeld 24 dae in 2021 in Namibië bestee teenoor die vorige jaar se 19 dae. Altesaam 42,2 persent kom hou vakansie, terwyl 28,5 persent vir besigheid kom. Die top-tien oorsese markte is Duitsland, Frankryk, Switserland, die VSA, Verenigde Koninkryk, België, Rusland, Spanje, die Nederlande en Oostenryk. Shifeta sê Namibië is ‘n veilige bestemming.