Buitelandse toeriste keer stadig maar seker na Namibië terug

Dit lyk asof buitelandse toeriste weer na Namibië terugkeer ná die moeilike tyd van inperkings weens die Covid-pandemie. Dit was duidelik toe Gondwana vanoggend 12 Namibia to Go-bakkies by die Hilton Hotel afgelewer het vir groot groepe toeriste om die land te verken. Die bemarkingsbestuurder van Gondwana, Jescey Visagie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat buitelandse toeriste stadig maar seker weer terugkeer.