Queensland berei voor om grense voor Kersfees oop te maak

Die premier van die Australiese deelstaat Queensland, Annastacia Palaszczuk, het die padkaart uiteengesit om Covid-brandpunte binne die staat se grense vir mense wat volledig ingeënt is, teen Kersfees te heropen. Sy sê hoe vinnig hierdie mylpale bereik word, hang af van die inentings. Volgens Palaszczuk sal Queensland vanaf 19 November begin met ‘n gefaseerde grensheropening vir mense wat volledig ingeënt is. Daar is voorspel 80 persent van Queensland se bevolking sal teen middel Desember volledig ingeënt wees. Die staat het gister geen nuwe plaaslik-oorgedraagde Covid-19-gevalle aangeteken nie.