Voëlgriep-uitbrekings onder wilde seevoëls in Wes-Kaap duur voort

Wes-Kaapse owerhede en talle vennote beveg steeds ‘n voortslepende voëlgriep-uitbreking onder wilde seevoëls. Die naweek is sowat 700 voëls per dag in verskeie streke in die provinsie opgetel, met die brandpunte steeds die Bergrivier-munisipaliteit en Dyer-eiland in die Overberg. ‘n Woordvoerder van die provinsiale departement van omgewingsake, James-Brent Styan, sê owerhede wil verdere uitbrekings voorkom