Buitelanders mag mediese sorg in buurland ontvang

Die ANC-regering het groepe veroordeel wat gekeer het dat mense toegang kry tot gesondheidsdienste by die Kalafong Hospitaal in Atteridgeville, wes van Pretoria. ‘n Groep mense het na bewering pasiënte wat na hulle mening buitelanders sonder dokumente was, weggewys en gesê hulle dreineer die land se hulpbronne. Die regering se woordvoerder, Phumla Williams, sê die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, sê om mense toegang tot mediese sorg te weier, kan ernstige gevolge inhou vir pasiënte en die openbare gesondheidstelsel: