Buffalo eers terug see toe

Een van Kaapstad se beroemde strandbesoekers het die naweek sy wegkruipplek op Llandudno verlaat, maar hy is ontsettend maer. ‘n Olifantrob wat Kaapstad elke jaar besoek, Buffalo, het tydens sy vervelling ‘n maand lank nie geëet nie. ‘n Oseaangids van Animal Ocean, Steve Benjamin, sê Llandudno se Mensereddingsklub het ‘n versperring rondom Buffel geplaas om nuuskieriges weg te hou. Benjamin sê hy hoop Kapenaars sal hom in Februarie volgende jaar terug kan verwelkom: