Huurmark in sy peetjie in

Die plaaslike FNB Residensiële Huurindeks het teen –2,1 persent in 2020 gegroei, teenoor –0,8 persent in 2019. Luidens die indeks is daar tans ‘n ooraanbod van eiendomme te huur en dus het huurders tans die hef in die hand. Die nasionale gemiddelde huur is op 6 747 Namibiese doller gemeet teenoor 6 991 doller in Desember 2019. Die bank se Marknavorsings Bestuur Frans Uusiku sê net een-slaapkamer eenhede het gegroei met 4,9 persent op ‘n jaargrondslag met ‘n gemiddelde prys van 3 670 doller. Twee- tot drie-slaapkamer eenhede het tussen –2,3 tot –5 persent gekrimp verlede jaar. Walvisbaai het die grootste inkrimping in die huurmark verlede jaar beleef met ‘n groei van –42,2 persent.