SAOG-troika sal vergader oor Mosambiek

President Mokgweetsi Masisi van Botswana het bekendgemaak dat die vergadering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se troika om die situasie in Mosambiek te bespreek eerskomende Donderdag gehou gaan word. Die Suid-Afrikaanse weermag is reeds besig om van sy burgers wat in die gebied is na die buurland terug te bring. Die Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse weermag Sphiwe Dlamini oor die SAOG-troika se vergadering.