Propvol rugbynaweek met Namibië, SA en talle ander wedstryde, ook die All Blacks

ʼn Propvol internasionale program wag die naweek op ondersteuners. Namibië draf vyf-uur vanmiddag teen Spanje in Madrid uit en Suid-Afrika speel vanaand in Marseille teen Frankryk, met afskop om tien-uur. Daar is vroeër toetse tussen Portugal en Kenia, Ierland en Fidji, Australië en Italië, Engeland en Japan, asook Wallis en Argentinië. Môre speel Skotland gasheer vir die All Blacks in Edinburgh. Spanne uit die Noordelike Halfrond het verlede naweek oorwegend hulle kragmetings teen spanne uit die Suidelike Halfrond gewen en taai wedstryde word weer in die vooruitsig gestel.