Britte gewaarsku oor 3 ure se beurtkrag

Huishoudings in Brittanje kan tot drie uur lank op ‘n slag sonder krag wees as gasvoorsiening uit Rusland afgesny sou word. Die National Grid-maatskappy in Brittanje waarsku in die “onwaarskynlike geval” dat gastekorte ontstaan, kan gebruikers se krag afgesny word om die veiligheid en die integriteit van die kragnetwerk te verseker. Volgens Europese media is die ergste scenario skerp koue saam met verminderde kraginvoere uit Europa en onvoldoende gas vir kragopwekkingseenhede.