Brittanje wil met Taliban onderhandel oor hervestiging van mense

Die Britse regering sê hy kan nie die Taliban se beloftes waarborg dat mense wat in aanmerking kom, Afghanistan veilig sal kan verlaat nie. Die minister van buitelandse sake, James Cleverly, het aan internasionale media gesê hulle is bereid om met die Taliban te onderhandel oor die voortgesette hervestiging van mense wat daarvoor in aanmerking kom. Hulle kan egter nie besliste versekerings gee aan diegene wat agterbly nie. Cleverly sê Brittanje beywer hom vir ‘n internasionale ooreenkoms om te verseker die Taliban kom sy verbintenisse na oor binnelandse reise en vertrek uit Afghanistan.