Europese Unie stel wil weer reisbeperkings instel

Die Europese Unie gaan volgens berigte weer reisbeperkings instel en aanbeveel dat alle nie-noodsaaklike reise uit Amerika verbied word. Die beperkings sluit kwarantyn in en dat alle reisigers wat nie ingeënt is nie, getoets moet word. ‘n Diplomatieke bron het aan internasionale media gesê die besluit sal bekragtig word indien geen EU-land daarteen gekant is nie. Dit volg te midde van ‘n skerp toename in Covid-gevalle terwyl die Delta-variant vinnig onder oningeënte Amerikaners versprei. Hospitale in Florida, Suid-Carolina, Texas en Louisiana loop volgens berigte deur onder suurstoftekorte weens die groot aantal mense wat opgeneem moet word.