Brittanje skrap Covid-toetse vir ten volle ingeënte reisigers

Ten volle ingeënte Namibiërs wat na Engeland wil reis, hoef nie meer Covid-toetse te doen nie. Die Britse premier het aangekondig Covid-toetse vir ten volle ingeënte reisigers na Engeland, word geskrap. Dit kom nadat die uitvoerende hoofde van die Verenigde Koninkryk se grootste lugdienste die regering aangemoedig het om Covid-reisbeperkings te beëindig. Hulle het gewys op bewyse dat die Omikron-variant besig is om terug te trek, en het aangevoer dat huidige maatreëls “beperkte gevolge” het om die verspreiding van Covid-19 te voorkom.