Beperkings in voorsieningsketting sal dalk tot middel 2022 voortduur
Internasionale handel in handelsprodukte sal na verwagting in 2022 met 4,3 persent toeneem, na 2021 se jaarlikse verhoging van 12,6 persent volgens ontleders by IHS Markit. Voorsieningsketting-beperkings sal waarskynlik tot middel 2022 voortduur met skeepsrederye wat op die winsgewendste roetes fokus. Simonis Storm sê dit is nie gunstig vir Namibië nie, gegewe ons grootte in die internasionale handelsomgewing.