Brittanje se eerste ruimtesending ‘n teleurstelling

Brittanje se geskiedkundige eerste ruimtesending het Maandagaand in teleurstelling geëindig toe nege satelliete wat bedoel was vir ontplooiing in die onderste deel van die aarde se wentelbaan, nie hulle bestemming kon bereik nie. Virgin Orbit, wat die lansering bedryf het, het aangekondig dat ‘n skielike afwyking ‘n suksesvolle sending verhoed het. Die Launcher One-tuig met die satelliete is die lug in geneem onder die vlerk van ‘n aangepaste Boeing 747 van Virgin Atlantic, Cosmic Girl, vanaf ‘n lughawe in Cornwall, Engeland. Die vliegtuig het veilig geland twee uur nadat dit deur tweeduisend toeskouers toegejuig is.