SA ondernemings kan voordeel trek uit Brics

Ondernemings in Suid-Afrika word aangemoedig om voordeel te trek uit die land se deelname aan die agenda vir globale bevordering. Dit volg nadat die land vanjaar volgens rotasie die leierskap van die lande in die Brics-groep oorgeneem het. Volgens die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sal Suid-Afrika sy rol as voorsitter gebruik om die belange van Afrika as geheel te bevorder.