Brittanje hef volgende week meeste inperkingsmaatreëls op

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, het aangekondig die meeste van die inperkingsmaatreëls wat ingestel is om die jongste vlaag van die Covid-pandemie in Engeland te beveg, sal van volgende week af opgehef word. Mense sal nie langer maskers hoef te dra nie, of van die huis af te werk nie. Mense sal ook nie hoef te bewys hulle is ingeënt om openbare plekke soos nagklubs te betree nie. Die verslapping van die maatreëls word gesien as ‘n toegewing aan kritici wat kwaad is oor onthullings dat hy en sy personeel inperkingsmaatreëls oortree het deur partytjies by Downingstraat 10 te hou.