Krieket: SuperSport kry uitsaairegte vir Indiese Premierliga

Krieket: SuperSport het op die nippertjie die uitsaairegte bekom vir vanjaar se Indiese Premierliga. Die uitsaaier het Donderdag gesê hy kon nie ‘n kontrak onderteken vir vanjaar se weergawe van die gewilde T20-kompetisie nie, maar het nou ‘n verklaring uitgereik waarin bevestig word aanhangers sal al 74 wedstryde regstreeks kan kyk. Uitvoerende hoof, Marc Jury sê hulle is baie bly hulle kon ‘n ooreenkoms bereik om die vennootskap voort te sit wat met die eerste toernooi in 2008 begin het. Die verdedigende kampioen, Gujarat Titans, speel vanmiddag in die openingswedstryd teen Chennai Super Kings.