Britse sentrale bank sê hy sal rentekoerse lig om inflasie te beperk

Die Bank of England sê hy sal nie huiwer om rentekoerse soveel as wat nodig is te verander om inflasie in die medium termyn te laat terugkeer na die mikpunt van 2 persent nie. Dit volg nadat markte negatief reageer het op die minister van Finansies se mediumtermynbegroting waarin belasting verlaag word. Die pond het Maandag as gevolg daarvan tot ‘n rekordlaagtepunt teen die dollar getuimel en 5 persent in waarde verloor. Die sentrale bank sê hy gaan by sy volgende vergadering in November ‘n volledige assessering doen van die regering se belasting- en bestedingsplanne.