Siya sê Bokke wil in November voortbou op hul onlangse oorwinnings

Die Springbokke sal op agtereenvolgende naweke teen die voorste twee lande op Wêreldrugby se jongste ranglys, Ierland en Frankryk, te staan kom aan die begin van hul jaareindtoer na Europa in November. Suid-Afrika bly in die derde posisie, met die Rugbykampioenskap-wenners, die All Blacks, vierde en Engeland vyfde. Die Bokke het Saterdag hulle derde agtereenvolgende oorwinning behaal toe hulle Argentinië in Durban geklop het en kaptein Siya Kolisi hoop om voort te bou op hierdie bestendigheid: